Connacht | ||||
Unie | Ierse Rugbyvoetbalunie | |||
Bynaam(e) | Die Duiwel S’n | |||
Stigting | 1885 | |||
Stadion | Galway Sportgronde, Galway | |||
Kapasiteit | 8 100 | |||
Afrigter(s) | Kieran Keane | |||
Kaptein(s) | John Muldoon | |||
Liga(s) | Guiness Pro14 | |||
2017-’18 | 11de | |||
|
||||
Statistiek
| ||||
---|---|---|---|---|
Meeste wedstryde | 303 John Muldoon | |||
Meeste punte | 688 Ian Keatley | |||
Meeste drieë | 42 Fionn Carr | |||
Amptelike webwerf | ||||
www.connachtrugby.ie |
Connacht Rugby ((ga) Rugbaí Connachta) is een van die vier professionele rugbyspanne op die Ierse eiland. Hulle ding mee in die Guiness Pro14, Europese Rugbykampioenebeker, Europese Rugbyuitdaagbeker. Die span verteenwoordig die IRVU Connacht-tak, wat een van die vier hooftakke van die IRVU is, en is verantwoordelik vir rugby in die geografiese provinsie van Connacht.
Connacht se tuiswedstryde word op die Galway Sportgronde gespeel en daar is plek vir 8 100 toeskouers.[1] Connacht speel in ’n oorwegend groen-en-blou trui, groen broek en groen-en-wit kouse. Die wapen van Connacht Rugby is ’n aangepaste weergawe van die provinsiale vlag van Connacht en bestaan uit ’n gehalveerde arend en arm wat ’n swaard vashou.
Met slegs 7% van die totale aantal Ierse rugbyspelers het Connacht ’n baie kleiner spelerbasis om van te kies as die ander drie provinsies, gedeeltelik weens die klein bevolking van die provinsie en die relatiewe gewildheid van sportsoorte van die Gaeliese Atletiekvereniging soos Gaeliese voetbal en hurling. Rugby in Connacht het egter uitgebrei met groter kaartjieverkope[2] veral in Connacht se eerste seisoen van deelname aan die Heinekenbeker. Deur die pogings van die Connacht-tak van die IRVU het die provinsie ook in skooldeelname en ouderdomsgroepe gegroei deur inisiatiewe soos die Grassroots to Greenshirts-veldtog.[3] Die Connacht Eagles, ’n ontwikkelingspan, speel sedert die 2012-’13-seisoen in die Britse en Ierse Beker.